Liefdes Risiko
- Karin Engman

- Jun 3, 2021
- 2 min read
Kinders dink die hele wêreld draai om hulle. Hulle het geen idee dat niemand perfek is nie. Soos ons bewus word van onsself as mens, begin ons probeer om onsself te verander omdat ons begin glo dat ons nie goed genoeg is nie en anders moet wees, of meer moet wees, sodat ons liefde kan ‘verdien’.
Ons is perfek geskape. God het nie ‘n fout gemaak nie. My Skepper het my onvoorwaardelik lief. Jy is presies wie jy moes wees.
As ons glo en aanvaar dat ons Skepper ons lief het met ons foute en tekortkominge, hoe is dit dan dat ons onsself nie ook so kan lief hê nie? Hierdie deel is die grootste uitdaging vir elke mens. Dit is die mees belangrikste lewensdoel wat jou geluk sal bepaal. Dit is die verskil tussen om liefde te verdien en liefde werd wees?
Om iemand anders lief te hê is onvoorwaardelik. Byvoorbeeld, “As jy my eers wys jy het my lief dan sal ek jou terug lief hê.” Soos hulle sê, liefde is nie perde koop nie.
Die laaste stap om die geskenk van onvoorwaardelike liefde te ervaar is om jou hart oop te maak sodat iemand jou mag lief hê vir wie jy werklik is. Net as jy jou ware self is kan iemand jou onvoorwardelik lief hê.
“The more you welcome your vulnerability the less afraid you’ll feel” – Wendell
-Karin Engman
-----
For more information:
082 7246985 (WhatsApp)
De Zandsteen Centre, Ermelo
Facebook: Karin Engman Life
-----
As Lewensafrigter is ek oortuig daarvan dat onvoorwaardelike liefde een van die belangrikste beginsels wat ons moet verstaan sodat ons aan onsself kan werk om ons verwagtings aan te pas. Elke mens streef daarna om egde liefde te ervaar.
Dit verg moed om met iemand te praat. Dit beteken nie daar is fout met jou nie. Dit beteken jy is onvoorwaardelike liefde werd!
Life Coaching is a talk therapy with a practical outcome approach.
All cultures/religions welcome
Comments