Vir Altyd
- Karin Engman

- Apr 3, 2021
- 2 min read

In ons besige lewens styl skeep ons partykeer die mees belangrikste verhoudings af. Stadig begin ons ongelukkig voel soos die daaglikse lewe ons onder kry. Gewoonlik in die middle veertige jare filtreer die realiteit van teleurstellings in. Klink hierdie algemeene vrae bekend? was dit altyd al so – waneer het dit verander – hoe het ek hier geland – wat nou?
Die daaglikse besige lewe begin ons stadig maar seker langs mekaar verby lewe en neem mekaar van self sprekend. Ons skuld dit aan ons groot besluit om n lewenspad saam te loop en om ons huwelik n vars kans te gee. Is dit regtig tyd om moed op te gee? Of moet ek nou aanvaar dat dit die res van my lewe moet wees?
Die ‘midlife crisis’ is waar baie keer groot besluite geneem word wat later miskien berou het. Depressie is baie algemeen vandag en nog erger met die huidige COVID situasie en finasielle stress. Afhanklikheid en ongesonde bestuur van ons stress word allerdaags en uiteindelik moet die pawpaw die fan strike met onder drukte teleurstellings . In werklikheid is dit n ‘wake up’ waar ons bevraag met wie ons rerig getroud is of werk of ander lewens omstandigheid en of dit al is wat die lewe ons van nou af kan bied?
Perspektief van wat my deel is en wat ek daaraan kan doen in die kriesis, kan in berading logies en volwasse gesien en verstaan word. Dit verg tyd en aandag en die bereid wees om eerlik na ons self te kyk. Eers dan kan ons goeie en regte besluite vir neem en verantwoordelikheid aanvaar.
Ons het altyd keuses. Om magteloos te voel in n lewens situatie is om moet op te gee met jouself. Jy is meer werd as dit – jy verdien om gelukkig te wees.
(Generalized statement) Mans verwag GEEN veranderinge nie en vrouens verwag BAIE veranderinge. As ons eers getroud is sal hy volwasse word en sy verantwoording ernstig neem. As ons eers getroud is sal hy by die huis bly en nie meer met sy vriende wil kuier nie….. of wat dit ook mag wees. As vrou dink ons, ons het die magic powers om n man te verander soos ons weet hy kan wees. Eintlik snaaks as ons eerlik met ons self kan wees. Wat is realiteit en wat is fantasie?
“Perhaps the biggest mistake I’ve made in the past was that I believed love was about finding the right person. In reality, love is about becoming the right person. Don’t look for the person you want to spend your life with. Become the person you want to spend your life with.” - Neil Strauss
Leer om weer met mekaar te praat en ook te luister. Elke mens het dit nodig om gesien en waardeer te word.
Lewensafrigting is my roeping en my passie.
Maak vandag n afspraak – eerste 20 minute gratis - geen verpligting. (R350 - 45 minute)
Comments